Ras betrek by spotprent van apie

Nog ‘n spotprent van Zapiro (die spotprenttekenaar Jonathan Shapiro) het rimpelings in sekere kringe veroorsaak.

Zapiro word van rassisme beskuldig op grond van ‘n spotprent waarin president Jacob Zuma ‘n draai-orrel speel en die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), Shaun Abrahams, as ‘n gedienstige apie dans.

Alhoewel Abrahams glad nie swart is, oftewel lyk nie, word daar nogtans aangevoer dat die vergelyking van swartes met ape rassisties is.

Die spotprent dui op die besluit van die NVG om te geappelleer teen die spioenasiebande-uitspraak wat sê Zuma moet tereg staan op 783 aanklagte van rampokkery, korrupsie en bedrog.

Die besluit om appèl aan te teken getuig van politieke gedienstigheid aan pres. Zuma, het dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus in sy reaksie gesê.

Die spotprenttekenaar het intussen ‘n versigtige eierdans uitgevoer oor die beskuldiging dat die spotprent eintlik rassistiese stereotipering vanuit ‘n Westerse perspektief is.