Publiek moet dalk opdok vir suur mynwater

Belastingbetalers gaan dalk opdok vir die omgewingskrisis met suur mynwater waarmee die ANC-bestel in Sentraal-Transvaal opgeskeep sit.

Die departement van water en sanitasie beoog om tri-osmosetegnologie teen ‘n koste van R10 miljard tot R12 miljard te gebruik om die suur mynwater te behandel.

Die mynbousektor gaan glo 67% vir drie aanlegte in Sentraal-Transvaal betaal. Die tesourie sal die koste daarvan dra, en dit dan weer deur ‘n omgewingsheffing verhaal.

Die Federasie vir ’n Volhoubare Omgewing meen egter indien die tesourie beoog om 67% te betaal dan beteken dit by implikasie belastingbetalers gaan betaal. Die publiek het egter geen rol in die besoedeling gespeel nie. Die publiek sal die oorblywende 33% deur waterheffings betaal.

Die minister van water en sanitasie, Nomvula Mokonyane, is heel opgewonde oor die tri-osmosebehandeling van suur mynwater aan die Wes- en die Oos-Rand en in die sentrale kom van die Witwatersrand.

Volgens hom sal die tegnologie sorg dat Sentraal-Transvaal ‘n heel nuwe waterbron kry, aangesien die suur mynwater teen 2020 sodanig gesuiwer sal wees dat dit gedrink sal kan word.

Kundiges is egter minder optimisties en meen die Oos-Transvaalse steenkoolmyne is volgende op die lys van krisisse weens waterbesoedeling.