Prys van uitvoer voedsel daal

Moeilike ekonomiese toestande regoor die wêreld het ’n negatiewe invloed op die pryse van Suid-Afrikaanse voedsel op die uitvoermark.

Die hoop wat gevestig was op die nuwe markte in Sjina, het vervaag nadat die land ’n ernstige ekonomiese insinking beleef het en nog sukkel om daarvan te herstel.

Met die uitwerking van die Al nino-weerpatroon, wat wêreldwyd gevoel word, het ekonomiese toestande verlangsaam, en het lande met huiwering hulle invoere gesny tot die laagste moontlike vlak.

Dit het ’n negatiewe uitwerking tot gevolg vir veral die vrugte- en groentebedryf terwyl vleispryse nie konstant gestyg het soos wat verwag is nie.

Sedert 2013 het die prys van mielies met meer as 35% gedaal.

Suid-Afrika moes vanjaar mielies invoer, maar landbouleiers was geskok om die swak gehalte te sien wat uit die Amerikaanse state soos Mexiko ontvang is.

Met die swak rand, kan verwag word dat Suid-Afrika in die komende seisoen sowat 5% minder vir sy produkte sal realiseer op die uitvoermark.