President Rousseff binne dae afgesit

Die Brasiliaanse senaatsvoorsitter, Renan Calheiros, het die verdere prosedures hervat in die afsettingsaksie van die land se omstrede president Dilma Rousseff.

Dit volg nadat die waarnemende speaker van die laerhuis, Waldir Maranhao, gepoog het om die afsettingsprosedure te blokkeer deur te beweer dat ’n verkeerde prosedure gevolg is.

Die laerhuis het reeds op 17 April in ’n stemming van 367 uit 513 afgevaardigdes besluit om die president in ’n staat van beskuldiging te plaas.

Renan Calheiros het in ’n verklaring gesê die optrede van die waarnemende speaker is onvanpas en betreurenswaardig aangesien dit die demokratiese stelsel ignoreer.

Hy sê slegs ’n beslissing deur die hooggeregshof kan verhoed dat die proses gestop word, en dit kan net gebeur as die korrekte prosedures nie gevolg word soos wat in die Grondwet vasgelê is.

Politieke ontleders sê die volgende stemming sal ook ten gunste van afsetting van die linkse en omstrede president Rousseff wees, aangesien net 51 uit die 81 senatore se stemme nodig is om die proses te bekragtig.

Foto – President Dilma Rousseff