Polisiehoof bedank na skietery

Die polisiehoof van San Francisco, Greg Suhr, het bedank enkele ure nadat een van sy afdeling se offisiere ’n ongewapende swart vrou doodgeskiet het.

Die bedanking van Suhr volg ook op die talle voorvalle waarby blanke polisiebeamptes betrokke was en van rassisme beskuldig is deur die swart publiek.

Hy het aan die media gesê hy is nou moeg om verduidelikings te gee vir polisiemanne se optrede teen swart oortreders.

Ed Leë, die burgemeester van San Francisco het tydens ’n perskonferensie gesê dit is tyd vir verandering en daarom is dit ook tyd vir ’n nuwe hoof vir die polisie.

Die polisie in San Francisco verkeer daagliks onder hewige druk weens die uittartende houding van swartmense wat nie die gesag van swart polisiebeamptes aanvaar nie, en blanke polisie gedurig van rassisme beskuldig.

In Desember is ’n swart misdadiger doodgeskiet wat ’n groot bohaai veroorsaak het, en in April is blanke polisiebeamptes betrap dat hulle selfoonboodskappe vir mekaar stuur met ’n rassistiese strekking.

In die jongste skietvoorval is ’n swart vrou geskiet in dieselfde omgewing waar die swarte verlede jaar doodgeskiet is.

Twee beamptes het die vrou genader wat in ’n gesteelde voertuig gesit het, maar sy het glo verskeie pogings aangewend om weg te ry en is telkens deur die polisie voorgekeer.

Uiteindelik het sy daarin geslaag om weg te jaag, en terwyl sy wegjaag het die polisiebeampte na haar geskiet en is sy noodlottig getref.