Polisie by misdaad betrokke

‘n Kaptein in die polisie is vasgetrap nadat hy en drie ander verdagtes na bewering ‘n koei by ‘n boer buite Koffiefontein gesteel het.

 

Hulle is deur die polisie voorgekeer terwyl hulle die koei vervoer het, maar hulle het aangevoer dat hulle die dier gekoop het. Die polisie het egter die boer gaan vra of dit wel die geval is, maar hy het dit ontken.

 

Die verdagtes word op Jacobsdal aangehou en sou na verwagting in die Koffiefontein-landdhof verskyn het.

 

In die Wes-Tranvaal sou konstabel Pule Maboke in die Potchefstroom-landdroshof verskyn het op ‘n aanklag van sameswering om ‘n moord te pleeg na ‘n vlaag misdade in die provinsie.

 

Maboke en sy vier medepligtiges word ondersoek vir moontlike betrokkenheid by 20 sake van inbrake en diefstal en vier sake van roof. Die misdade is die afgelope tyd in Klerksdorp, Potchefstroom en Viljoenskroon gepleeg.

 

Hulle is aangekeer na ‘n wenk dat hulle beplan om die aangewese ondersoekbeampte te vermoor.