Polisie betaal vir Zuma-vroue se voertuie

Elf luukse voertuie ter waarde van R8,6 miljoen is vir president Jacob Zuma se vroue tussen 2013 en 2016 gekoop deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se begroting te gebruik.

Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het die parlement meegedeel dat die aankope nodig was om omvattende beskerming aan BBP-eggenote te verskaf.

Die opposisie het die aankope gekritiseer weens die swak ekonomiese toestande in Suid-Afrika, waar werksgeleenthede verlore gaan. “Zuma is besig om Suid-Afrika leeg te bloei,” was van die kritiek gewees.