Op die Volksakker – Laat ons die ware helde onthou

Mei het, veral hedendaags, bittersoet herinnerings vir ons volk.  Eersdaags herdenk ons Republiekdag in ons land, en tragies ook vreemdelinge in hierdie land.

En met ´n hernieude aanslag uit kerklike geledere op ons volk, ons volksidentiteit, ons trotse erfenis en veral ons geloof, sal dit loon om weer ´n oomblik te dink aan die ware helde van ons meer onlangse geskiedenis.

Eerskomende naweek vind die jaarlikse Militêre Veterane herdenkingsdag, met onder andere ‘n kranslegging, plaas.

Dit geskied by die SAW-muur van herinnering op Monument-koppie. En ten spyte van nuwe denkrigtings, kan ons steeds ons veterane se opofferings herdenk.

Veterane van die SAW, steeds ‘n trotse Weerwag – al bestaan dit nie meer nie. En baie is nie meer met ons nie, maar baie lede van hierdie SAW, op sy dag onoorwonne, is nog in die lewe en hierdie mense se opofferings word herdenk.

Daardie offers wat oor dekades en by tye duisende kilometers van ons land in wêreldoorloë en konflikte elders gebring was, maar veral in die Grensoorlog.

Maar ons moet ook die gesinne en geliefdes in herinnering roep.

Vroeër hierdie maand was die Kerkstraatbom ook herdenk – die ander helde-spektrum van die totale aanslag, ´n terreuraanslag wat mense vandag geriefliksheidshalwe (uit bedekte skaamte?) bespotlik probeer maak.

Ook dáárdie dag se slagoffers, en die slagoffers van elke ander laakbare bom- en landmyn-aanval deur swart “helde” wat nie die moed gehad het om die SAW / SAP aan te vat nie, en húl helde-offers moet herdenk word – onthou word!

Hulle was deel van ons samelewing, van (die laaste?) geslag wat bereid was tot opoffering vir ander.

Die burgerlike slagoffers niksvermoedend so, die diensplig-generasie een van jong seuns, wat op die laaste pad tot jongman word, tot twee jaar in tyd, maar ´n leeftyd in impak, opgeoffer het vir volks- en landgenote.

Want hulle opoffering was gemaak in die teenstaan van geweldenaars en kommunistiese imperialisme!  Daardie kommunisties-swart imperialisme wat ons land vandag stuk-stuk verorber.

Hulle het in die bres gaan staan sodat ander met ´n normale dagtaak, ´n normale lewe kon voortgaan, in relatiewe veiligheid.

Dat sommige daardie geleentheid gruwelik misbruik het om verraad en selfverryking na te streef, maak hul offer geensins minder nie – inteendeel, eerder soveel belangriker om in herinnering te hou.

Want ongeag politieke oortuiging of beskouing, was die geleenthede van die 1980’s en vroeë 1990’s deur daardie jongmanne geskep, deur hulle opoffering.

Dit is ook indirek ondersteun deur elke burgerlike slagoffer wat in die terreurstryd ´n teiken geword het.

Hulle is die ware helde van die laaste dekades van die twintigste eeu in Suid-Afrika, ongeag wat geskiedenisboeke en smalende meelopers vandag wil sê.

Hulle het hul gister opgeoffer, soms hul alles, sodat ander, menslik gesproke, ´n vandag en môre kan hê.

Gaan vandag se jongmense in daardie voetspore volg, of gaan hulle die pad van pragmatisme en kompromie, die pad van uiteindelike volkselfmoord kies, ter wille van hul eie ambisies en belange?