Oostenrykse kanselier tree uit

Die kanselier van Oostenryk, ’n leier van die Sosiaal Demokrate, Werner Faymann het sy bedanking ingedien by die party se hoofkantoor.

Meningsvormers sê sy uittrede en bedanking uit die party plaas die regering van Oostenryk in ’n netelige posisie wat hul voortbestaan betref.

Faymann is een van Europa se leiers wat die langste diens gedoen het en word waarskynlik net deur kanselier Angela Merkel oortref.

Met sy uittrede kan die konserwatiewe Volksparty besluit om ’n ander koalisievennoot te kry wat die Sosiaal Demokrate in die opposisiebanke sal laat beland.

As dit gebeur, sal Oostenryk die eerste land in Europa wees wat sedert die Tweede Wêreldoorlog ’n sterk konserwatiewe regering, wat as verregs beskou word, verkies het.

“Oostenryk kan die begin wees van die terugkeer van die regse regerings, en dit is ’n sterk moontlikheid”, het die redakteur van ’n invloedryke koerant berig.

Faymann se bedanking volg nadat die konserwatiewe Volksparty se kandidaat in die eerste rondte van die presidentsverkiesing by verre die meeste stemme gekry het.

Norbert Hofer van die Volksparty het 35% van die stemme gekry, wat die Sosiaal Demokrate uitgedruk het om uit hulle geledere die volgende president te kies.

Die Volksparty geniet sterk steun nadat die party die migrante krisis met ’n ferm houding hanteer het in belang van die inwoners van Oostenryk.

Die Volksparty het ’n dringende kongres aangekondig wat kan meebring dat die party die koalisieregering verlaat, met die gevolg dat ’n verkiesing gehou moet word in September.

Foto – Werner Faymann