Oorloë laat miljoene vlug

Gedurende die jaar 2015 het bykans 41 miljoen mense in hulle eie lande op die vlug geslaan om die gevare van oorlog te probeer ontsnap.

Die gegewens is vrygestel deur die Internasionale Monitering Sentrum wat ook beweer dat dit die grootste aantal vlugtendes is en ’n nuwe rekord opgestel is.

Na bewering is die helfte van die vlugtelinge afkomstig uit Sirië en Jemen, maar lande soos Irak en Afghanistan het ook miljoene vlugtelinge gehad.

Meer as 90% van die wat weggevlug het uit hulle land van herkoms, het uiteindelik as onwettige migrante elders in buurlande of in Europa ’n nuwe tuiste gesoek, wat die insypeling van terroriste na ander lande soveel makliker gemaak het omdat hulle onder die dekmantel as vlugtelinge beweeg het.

In 2014 was die sogenaamde vlugtelinge getalle veel laer, en is minder as 9 miljoen aangeteken wat elders ’n heenkome wou vind.

Van die getal was sowat 5 miljoen afkomstig uit die Midde-Ooste en van die noordelike lande in Afrika.

Vlugtendes uit die Midde-Oosterse lande, Sirië, Jemen en Irak is by verre die meeste en word gereken op minstens 55% van alle vlugtelinge wêreldwyd.

Die tweede meeste is afkomstig uit Sentraal Afrika Republiek, Columbië, Nigerië, Suid-Soedan, en Oekraïne.

Natuurrampe is verantwoordelik gewees vir 19 miljoen mense in lande soos Nepal, Sjina en Indië.