Onluste regoor land hou polisie besig

Sowat 12 gebiede in vyf provinsies is deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens geïdentifiseer as brandpunte vir onluste, veral in aanloop tot die munisipale verkiesing.

Die nasionale kommissaris van polisiëring, lt.genl. Fannie Masemola, het in die parlement verslag gedoen oor die onderskeie onlusgebiede wat volgens hom steeds gespanne, maar stabiel is.

Van die onluste is deur hom beskryf as misdadig, sowel as polities gemotiveerd.

Volgens hom sal die polisie tot Augustus ontplooi wees by Vuwani in Noord-Transvaal, waar 28 skole afgebrand en gevandaliseer is.

Hy het ook verwys na die geweldpleging deur onwettige plakkers in Hammanskraal buite Pretoria, waar twee lede van die Rooimiere dood is.

In Natal is die polisie steeds in KwaMashu ontplooi, terwyl diensleweringbetogings in Escourt en die Wembezi-gebied glo tans onder beheer is.

Die situasie by Grabouw in die Wes-Kaap is steeds gespanne, maar blykbaar onder beheer na die openbare geweld wat daar plaasgevind het.

Volgens Masemola is klasse weer hervat by die Fort Hare Universiteit in die Oos-Kaap na die openbare geweld waartydens studente onder ander voordele soos toelaes vir kos geëis het.

Foto – Brandende busse in Hammanskraal