Ondersoek gevra na bestuur van Rietvallei

Verskeie burgerlike groepe gaan die openbare beskermer (OB) vra om die bestuur van die Rietvallei-natuurreservaat buite Pretoria te ondersoek.

Dié besluit is geneem nadat twee renosterkoeie, en ‘n ongebore kalfie in die reservaat gestroop is deur uiters ervare stropers.

Die groepe het ‘n noodvergadering by die reservaat gehou en besluit om onder meer te vra dat gekyk moet word na die tenderproses wat gevolg is met die aanstelling van die veiligheidsmaatskappy by die reservaat.

Hulle wil voorts vra dat die bestuur van die Rietvlei-natuurreservaat geprivatiseer word of aan Sanparke oorgedra word om te verseker dat die reservaat “beter bestuur” word.