Oermense se woonplek ontdek

Wie was die werklike bewoners wat in die nuut ontdekte grot in Frankryk as ’n woonplek gebruik het, is die vraag wat navorsers nou vra oor die eienaardige plasing van gesteentes in die grot.

Die grot, wat uiters moeilik deur ’n besonder nou ingang bereik kan word, is ontdek in Suid-Frankryk deur twee argeoloë wat nou wonder oor die geheimsinnige steensirkels tussen die stalaktiete en stalagmiete.

Hulle beweer nou dat die grotbewoners die Neandertal-mens van 177,000 jaar gelede was.

Wie ook al daar gewoon het, dit is glo die oudste menslike woonplek wat tot op hede ontdek is, en word as ’n “diepe misterie” beskou van oermense wat in die gebied gewoon het.

Die ondersoekers is onseker oor waarom die steentjies in ’n “sirkel” gepak is en waarom die ingang na die woonplek so nou is en nooit groter gemaak is nie.

Een gedagte is dat die grot moontlik ’n blyplek vir jeugdiges kon gewees het, maar dit is blote bespiegeling.