O aarde, nog ‘n aarde!

Belgiese sterrekundiges het ’n planeetstelsel ontdek wat by uitstek geskik is vir die mensdom om te gaan bewoon as daar nie reeds lewe is nie.

Die stelsel het drie planete waarvan die “aarde” en ’n “maan”  in bane beweeg wat redelik na aan die aarde en sy sonnestelsel is.

Die navorsers is nou op soek na die moontlikheid of daar lewe is en meen toekomstige teleskope sal dit waarskynlik kan bepaal.

Die groot vraag bly egter onbeantwoord, en met die enorme afstand daarheen is dit veel moeiliker om enige feitelike inligting te bekom en sal die ontwikkeling van teleskope die beste en vinnigste oplossing wees.

Die wetenskaplikes van die Universiteit van Luik, het onder leiding van Michaël Gillon die planete ontdek met behulp van ’n Belgiese “robot” teleskoop by die La Silla- sterrewag in Chili.

Twee van die planete is redelik “naby” aan mekaar en verseker dat die “son” voldoende is om hitte uit te straal na die “aarde”.

Een van die wetenskaplikes sê die ontdekking toon egter dat al die vereistes teenwoordig is wat kan verseker dat daar lewe is, maar beter teleskope is nodig om dit te bevestig.