Nuusflitse – 9 Mei

’n Amerikaanse joernalis wat gesê het hy eet ’n koerant op as Donald Trump die Republikeinse kandidaat word, is daaraan herinner en het “resepte” aangevra waarna hy in ’n video vertoon dat hy besig is om die koerant te eet.

 

Die woestynsand in die Verenigde Arabiese Emirate is nie geskik as bousand nie, gevolglik moet die land jaarliks biljoene ton bousand invoer vir konstruksiedoeleindes.

 

Sadig Kahn, ’n 45-jarige Moslem is Vrydag verkies as die nuwe burgemeester van Londen, Brittanje.

 

Sowat 240 000 Poolse optoggangers oor party-grense heen het protesteer teen die konserwatiewe regering se beoogde nuwe wetgewing en Grondwet-wysigings wat die demokrasie kan verongeluk. Dit is die grootste optog sedert die val van kommunisme in Pole.

  

Hillary Clinton wen die voorverkiesing in die klein deelstaat Guam met ’n 60% steun, maar dit verander nie die verhouding in afgevaardigdes met Bernie Sanders nie.