Nuusflitse – 30 Mei

Al meer jong getroude dames van Finland verkies om hulle van te behou en nie die man se van aan te neem nie.

 

In Noorweë het ’n 16-jarige seun 15,000 volts deur sy liggaam gekry, en het hy daardeur sy twee bene en een arm verloor wat geamputeer moes word, maar andersins is hy vol energie om voort te gaan met sy lewe, al is dit in ’n rystoel.

 

Sowat 170 terroriste is in noordooste van Sirië gedood in ’n reeks lugaanvalle deur die Amerikaanse vegvliegtuie gedurende die afgelope naweek.