Nuusflitse – 27 Mei

Zimbabwe se skole is gedwing om kinders in ’n optog te laat deelneem ter ondersteuning van president Mugabe, te midde van ouers se teenkanting. Sowat 800,000 kinders in verskillende stede moes die optog meemaak.

 

Die Taliban-terroriste groep het ’n geestelike aangewys as die nuwe leier nadat die vorige leier in ’n lugaanval deur ’n missiel gedood is. Die nuwe leier, Haibatullah Akhundzada, het geen militêre agtergrond nie, maar is net so aggressief soos sy voorganger.

 

Verskeie dele van Spanje het die opleiding van bulvegters verbode gemaak in ’n poging om die kulturele gebruik uiteindelik gestop te kry.