Nuusflitse – 18 Mei

In ’n reeks toetse deur navorsers in Brittanje, is bevind dat ’n bepaalde soort  sampioen die depressie van die vrywillige deelnemers dramaties verminder het.

 

’n Hewige woordestryd woed tans in Brittanje tussen diegene wat Brexit ondersteun en die ander groep wat die land se voortgesette lidmaatskap in die Europese Unie voorstaan.

 

Die Filippynse president gaan die wette van die land verander sodat die teregstelling van veroordeeldes weer ingestel word. Veroordeeldes sal dan soos dekades gelede, weer teen ’n muur staan om doodgeskiet te word.