Nasa ontdek honderde nuwe planete

Nasa het aangekondig dat hulle 1 284 nuwe planete, wat as “aardes” bestempel word, en wat buite die aarde se sonnestelsel is, ontdek het.

Nasa reken dat sowat 550 van die planete ongeveer die grootte van die aarde het, waarvan daar selfs planete kan wees met lewende wesens.

Die wetenskaplikes se droom dat daar iewers in die ruimte nog ’n aarde is met lewende wesens, het nou die tempo van die soektog versnel.

Die bevinding van ’n nuwe sonnestelsel en baie nuwe planete is met Nasa se Kepler Ruimte Teleskoop stelsel opgespoor.

Met die koms van die Kepler-teleskoop het wetenskaplikes duisende nuwe planete ontdek, en die jongste ontdekking toon hoe groot en indrukwekkend die uitspansel werklik is.