Napoleon se perd gered

Die laaste perd waarmee Napoleon Bonaparte gery het, lyk nog goed.

Binne enkele dae het die wêreldbekende Leger-museum in Parys sowat 16,000 euro beskikbaar gestel vir die restourasie van Napoleon se perd, Vizir, wat sedert 1904 opgeneem is vir bewaring.

Die vel van die eertydse pragdier het tekens begin toon van verweer, en die haarbedekking het oor die jare dunner geword.

Danksy ’n reuse fondsinsameling wat 16,000 euro gelewer het, kan die restourasiewerk eersdaags begin word.

Die museum sal ook in staat wees om die temperatuur in die vertrek te beheer deur toerusting aan te bring wat aan die vereistes sal voldoen, waarvan die temperatuur en die vogtigheidsgraad die belangrikste is.

Napoleon het Vizir in die jaar 1802 as geskenk ontvang van die Ottermaanse sultan “Selim III cadeau”.

Napoleon het met die perd die “Slag by Jena” in 1806 en daarna by Eylan in 1807 aangevoer in Pruise.

Die pragdier is saam met Napoleon na die eiland Elba tydens sy ballingskap wat van 4 Mei 1814 tot 26 Februarie 1815 geduur het