‘n Heerlike klam koek

Lus vir koekbak? Hier volg ‘n heerlike klam koek. Hierdie pynappel-piesing koek is heerlik en maklik om te bak en die bestanddele is gewoonlik in die koskas.

 

Bestanddele:

3 eiers

125 ml olie

250 ml strooisuiker

60 ml heuning

2 piesangs fyn gedruk

1 blik (440 gr blik) fyn pynappel in stroop

500 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

5 ml kaneel

Knypie sout

5 ml vanieljegeursel

 

Metode:

Stel die oond op 180ΒΊC.

Klits eiers, olie, strooisuiker en heuning vir 5 minute baie goed met ‘n elektriese klitser.

Roer piesang, pynappel en stroop by en meng goed.

Sif meel, bakpoeier, sout en kaneel saam en roer by eiermengsel totdat ‘n gladde beslag gevorm het.

Roer vanieljegeursel by.

Skep die beslag in ‘n gesmeerde pan wat met bakpapier uitgevoer is.

Bak vir 50 minute of tot toetspen skoon uitkom.

Laat eers afkoel in pan en keer op afkoelrakkie uit om heeltemal af te koel.

 

Versiersel:

Verroom ‘n stukkie botter tot glad en liggeel en voeg versiersuiker by en klits goed.

Voeg maaskaas (soveel om versiersel lekker sag te maak) by.

Klits nou bietjie vanielje by en meng goed.

 

Versier die koek en strooi gesnipperde neute van u keuse bo-oor.

 

Geniet hierdie koek saam met heerlike varsgemaalde koffie saam met vriende.