Musk bou wêreld se vinnigste trein

Elon Musk, die Suid-Afrikaans gebore tegnoloog, wat tans in die VSA besig is om selfs vir Nasa te klop met sy tegnologie, is nou ook op ’n nuwe terrein die voorloper.

Musk het met sy SpaceXruimteprogram die eerste suksesvolle ruimtelansering gedoen waarvan die vuurpyl na ’n presiese plek terug herlei is om weer te gebruik.

Voor dié formidabele prestasie het hy met die vervaardiging van ’n elektriese motorvoertuig , die Tesla, begin wat alle Amerikaanse pogings oortref.

Die tegnoloog het met sy ander maatskappy “Hyperloop One” uiters suksesvolle toetse gedoen met sy toekomstige vervoersisteem wat die konvensionele treine kan vervang.

Die sisteem wat Musk gebruik, is soortgelyk as die ou stelsel hoe banke en sakeondernemings geld wegstuur van een punt na ’n veiliger kantoor.

Die stelsel van pype en lugdruk om passasiers en ander vrag te vervoer deur elektriese spirale te gebruik, is uiters suksesvol getoets.

Hierdie uitvindsel wat ’n eerste in sy soort is, het almal verbaas toe die toetse getoon het dat die trein met gemak sy topsnelheid van 1 200 km per uur kon bereik.

Maatskappye regoor die wêreld werk reeds vir jare aan die moontlikheid wat binne enkele maande deur Musk vervolmaak is.

Die maatskappy het met die jongste ontwikkeling, ’n “spoorlyn” gebou bestaande uit ’n pypleiding, van Los Angeles na San Francisco en passasiers met hulle bagasie teen ’n snelheid van 1 200 km per uur vervoer.

Die installasie is langs ’n bestaande spoorlyn opgerig, waar die Amerikaanse sneltrein daagliks beweeg tussen die twee punte.

Die nuwe trein, met alles wat nodig is, kos $6 miljard, wat slegs 10% is van wat die huidige stelsel gekos het.

Musk se trein is vooraf deur wetenskaplikes in die VSA afgemaak as ’n droom wat nie bewaarheid kan word nie, maar nou swyg hulle oor die sukses van sy nuwe “trein”.