Misleiding van linkses uitgewys

Die liberale bankiers, en veral die Europese Sentrale Bank, se misleiding het weer eens geboemerang nadat valse bewerings deur die bank se woordvoerders uitgewys is.

Die bank het ’n waarskuwing uitgestuur dat die opkoms van regse politiek in Europa, sleg is vir die ekonomiese groei.

Volgens die bank het die huidige groei momentum verloor in die meeste van die 19 lidstate van die Europese Unie as gevolg van die bedreiging wat regse politiek inhou.

’n Ekonoom het egter die bank tereg gewys op sy mistasting van die feite deur daarop te wys dat die linkses se neiging om terroriste na Europa te lok deur onwettige migrante onvoorwaardelik toe te laat, het tot gevolg gehad dat twee baie ernstige terreuraanvalle uitgevoer is wat honderde mense se lewens verwoes het.

Die direkte nadraai daarvan is dat die lughawe van Brussel steeds nie terug is op standaard met die aantal passasiers nie, omdat mense nou bevrees is om na Europa te kom vir vakansie.

Hy wys daarop dat die toeriste getalle dramaties gedaal het uit vrees dat hulle slagoffers van terroriste kan wees, en talle Europeërs hou vanjaar nie vakansie nie, weens die terroriste aanvalle.

Hy sê die regses het ’n positiewe invloed op die Europese mense en hulle patriotisme is weer versterk weens sterk standpunte oor Islam.

“Na die terreuraanvalle het Parys en Brussel se sakebedrywighede skielik ’n reuse insinking getoon, en regses het met protesoptogte getoon dat die mense nie deur die terroriste geïntimideer sal word nie”, het hy gesê.