Migrante vrees anti-Moslem president

Onwettige migrante wat nog gehuisves word in Oostenryk tref maatreëls om die land te verlaat uit vrees dat die bekende anti-Moslem politikus, Norbert Hofer, gekies gaan word as die land se nuwe president.

Die verkiesing wat op 22 Mei plaasvind, wek nie net groot belangstelling by die onwettige migrante nie, maar ook by die kiesers van Oostenryk.

Talle kiesers van opposisiepartye se hulle sal vir Hofer stem omdat hulle moeg is vir onwettige migrante in die land, en omdat hy nie nog vreemdelinge sal toelaat nie, sal hulle vir hom stem.

Die verlinkse Groen party se kandidaat, Alexander van der Bellen kom teen die konserwatiewe Norbert Hofer te staan, maar politieke ontleders in Oostenryk sê dit is ’n uitgemaakte saak dat die regses die verkiesing sal wen.

Die konserwatiewes is bekend daarvoor dat hulle nie net ’n anti-migrante beleid nastreef nie, maar ook nie baie gelukkig is om ’n lid van die Europese Unie te bly nie.

Oostenryk het oor dekades gepoog om goeie betrekkinge met Duitsland te handhaaf, maar die Duitse kanselier, Angela Merkel, het met haar ontvanklikheid vir onwettige migrante, die verhouding vertroebel.

Foto – Norbert Hofer