Mars se ys-tydperk

Radarbeelde van die Rooi Planeet, Mars, dui volgens die jongste gegewens daarop dat die planeet se ystydperk besig is om aan te breek.

Volgens die navorsers blyk dit dat Mars se ystydperk sowat 370,000 jaar gelede geleidelik begin het

Die radaranalise van die beelde wat die ysgebiede in Mars binnegedring het, toon dat die planeet uit ’n ystydperk kom, en deel is van ’n deurlopende siklus van klimaatsveranderings.

Wetenskaplikes is opgewonde en baie geïnteresseerd in Mars se klimaatsgeskiedenis, terwyl daar sterk aanduidings is dat groot volumes water op ’n stadium op die oppervlakte was.

Nasa het in ’n verslag aangedui dat die temperatuur op die planeet wissel tussen ’n maksimum van 20 grade Celsius in die dag, en snags daal tot minus 153 grade by die twee pole.

Die yslaag, van so diep as 320 meter is by die pole van die planeet gevind, maar die temperatuur verskil dramaties op dieselfde plekke omdat die planeet se as baie skuins is wat veroorsaak dat dit ‘n helling van tot 60 grade het.