Lugaanvalle in Sirië dood dosyne

Nog lugaanvalle in die noorde van Sirië, naby die grens met Turkye,  het gelei tot die dood van minstens 30 mense.

Die aanvalle wat gerig is op ’n vlugtelinge kamp in die Idlib provinsie volg kort nadat ’n soortgelyke voorval in Aleppo vir die dood van talle burgerlikes verantwoordelik is.

Volgens ’n woordvoerder van die Britse Menseregte Komitee is baie mense beseer en minstens 3 kinders gedood.

Meningsverskil bestaan onder inwoners en waarnemers oor wie verantwoordelik is vir die aanvalle, en talle meen dit is moontlik die Siriese lugmag, terwyl ander reken dit kan Turkse vliegtuie gewees het.

Aantygings is gemaak dat die aanvalle deur die regering van president Assad is, wat aandui dat die land se staatshoof nie ernstig is om ’n vredesooreenkoms te bereik nie.

Alhoewel Rusland en die VSA ’n skietstilstand ooreenkoms bereik het, val die Iblies provinsie nie binne die gebied nie, wat die vermoede laat dat die aanvalle van Russiese kant gekom het.

Intussen is verneem dat sowat 75 mense gedood is in Aleppo tydens hewige gevegte tussen soldate van die Assad-regering en Al Kaïda-terroriste.