Kortpad om Zika besmetting te bepaal

’n Vinnige toetsmetode wat Zika-virus besmetting kan opspoor, is deel van die deurbrake wat navorsers bereik het wat nie net uiters akkuraat is nie, maar ook bekostigbaar is.

Die toets wat baie vinnig gedoen word, kos sowat R20 per pasiënt, wat veel goedkoper is as die bestaande metodes.

Die navorsers verbonde aan die Harvard Universiteit se die nuwe toetsmetode kan die Zika-virus gou optel deur ’n bloedmonster te neem.

Tot op hede was daar meningsverskille oor die uitkoms van toetse wat nie gestandaardiseer is nie en dikwels verwarring veroorsaak het onder medici.

Mediese navorsers sê die deurbraak kan ook help dat die verspreiding van die virus beperk word wat nou reeds derduisende mense besmet het in Suid-Amerika, waarvan Brasilië die swaarste getref is.

Intussen is wetenskaplikes in ’n wedloop teen tyd gewikkel om ’n teenmiddel te ontwikkel teen die Zika-virus.

Die toetsmetode is reeds deur die Amerikaanse Gesondheidsdienste goedgekeur, maar kommer bestaan dat die toetse soms minder suksesvol is omdat ’n ander virus, bekend as die Wes-Nyl virus, daarmee verwar word.