Koninginby veroorsaak drama

’n Koningin heuningby wat per abuis in die bagasiebak van ’n 4×4-voertuig van ’n Britse eienaar afgesonder is, het vir twee dae se drama gesorg toe die getroue onderdane ook graag in die motor by hulle geliefde leier wou wees.

Vir die eienaar van die voertuig was dit ’n ewe erge nagmerrie toe hy tot sy ontsteltenis moes vasstel dat honderde getroue onderdane teen sy motor gaan “plak” het in ’n poging om by die koningin te kom.

Die sowat 20,000 onderdane het met die uiterste geduld teen die voertuig se kant gesit en wag vir die koningin, terwyl minstens vyf verskillende bye kenners later besef het die bye wil by die koningin kom wat duidelik nie binne hulle onmiddellike bereik is nie.

Die eienaar van die voertuig het gemeen as hy wegry, sou die probleem opgelos wees, maar tot sy verbasing het ’n groot aantal die voertuig gevolg terwyl baie aan die motor se agterkant bly klou het.

Uiteindelik, na twee dae, is die koningin “vrygelaat” en kon die bye hulle leier na veiliger oorde vergesel.

Die voertuigeienaar is deur sowat veertien “soldate” beseer omdat hy hulle koningin wou kaap.