Kommentaar – Neo-rassistiese aanslag op regter

Terwyl politieke partye, die hoofstroom pers en ander neo-rassistiese instellings “rassisme” tjank, is feite en privaatheid blykbaar van geen belang nie.

Die storm is ontketen toe ´n privaat gesprek van regter Mabel Jansen, wat vermoedelik wederregtelik bekom is, is deur ´n “aktivis” openbaar gemaak.

Aldus berigte, meen die regter dat “verkragting deel is van swart kultuur” en sy gaan sover as om geleenthede te noem wat swart manlike kollegas toenaderende opmerking teenoor haar gemaak het.

Die regter kan sekerlik as kundig beskou word om´n mening te vorm oor groepe wat meer geneig is tot sekere misdade.

Ons kan ook na ander feite kyk:

In 2015 is vir die soveelste jaar berig dat (swart) SA soldate beskou word as die “ergste seksoortreders” wat deel vorm van VN-magte.  Die omvang van gevalle waar minderjariges betrokke is, laat mens sprakeloos.

Selfs voorvalle van sogenaamde “transaksie-seks” is ook skokkend hoog.

´n Oud-president het hom by meer as een geleentheid nogal eerlik uitgelaat oor die seksuele gedrag van (oorwegend swart) mans – hy is sekerlik ´n kenner van sy eie kultuur?

In 2007 het juis die sogenaamde African Peer Review groep SA uitgesonder vir die hoë vlakke van geweldsmisdaad, insluitend verkragting.

Volgens later berigte is die ANC Vroueliga ontsteld dat opmerkings in die sosiale media verwys na ´n sogenaamde “swart verkragtingskultuur”.

Weer eens kan ons die feite laat spreek – benewens misdaadstatistiek, is juis die sosiale media vol van dreigemente deur swartes om blankes met ´n vlaag van verkragtings te teister.

Die land is sedert 1994 – tot internasionale skande – ´n land waar alle vorme van geweld teen vroue geweldig toegeneem het.

Enige kenner van Afrika se inisiasie- en huweliksrituele kan ook getuig van die beskouing wat ten opsigte van vroue gehuldig word.

Dit is blykbaar ongerieflik wanneer die waarheid uitkom, verdoemend indien enige blanke sou waag om die waarheid uit te wys.

Verskeie vroue met wie ons verslaggewer gesels het, meen dat hulle onveilig voel in baie omstandighede.

Ook ouers is toenemend bekommerd oor voorvalle van seksuele teistering in oop skole.