Kelnerin baie dankbaar oor geld

Mense daag sommer by die Obz Café in Kaapstad op om geld te gee aan die kelnerin wat deur twee swart ekstremiste by ‘n rassevoorval betrek is.

 

Van hulle wag selfs in die eetplek totdat hulle die geld aan Ashleigh Schultz kan oorhandig. Dit volg nadat die media berig het oor die onsmaaklike optrede van die Rhodes Must Fall-radikalis aan Oxford, Ntokozo Qwabe, en sy tafelgenoot waarmee hy enkele dae gelede op die sosiale media gespog het.

 

Afgesien van hierdie geld wat mense persoonlik aan haar oorhandig, is daar ook al volgens die jongste syfer sowat R120 000 deur middel van twee verskillende fondse vir haar ingesamel. Die betrokke fondse het spontaan ontstaan en mense van regoor die aardbol het daartoe bygedra nadat Qwabe baie in sy skik vertel het hoe die voorval volgens hom verloop het toe hulle geweier het om ‘n fooitjie aan haar te gee.

 

Qwabe, tans klaarblyklik ‘n nagraadse student aan Oxford, en sy tafelgenoot op die rekening vir hul ete geskryf het: “WE WILL GIVE TIP WHEN YOU RETURN THE LAND”.

 

Aanvanklik het Qwabe op sosiale media vertel hy kan nie ophou glimlag oor die voorval nie omdat die jong kelnerin volgens hom in "white tears" daaroor sou uitgebars het. Hy het gedreig dat daar definitief nog soortgelyke voorvalle in die toekoms gaan plaasvind.

 

Die oorweldigende reaksie op die twee veldtogte om vir Schultz geld in te samel, het sy vreugde  in diep verontregtheid verander en hy het intussen daarop aangedring dat ‘n soortgelyke fonds vir swartes, wat aan rassime onderwerp word, op die been gebring moet word.

 

Schultz, het met groot dankbaarheid gereageer op die publiek se geldelike bydraes, en bygevoeg dat sy die geld gaan gebruik vir mediese hulp aan haar ma wat kanker het.