Kanada se veldbrande woed steeds

Honderde werkers by die olievelde in die Kanadese staat Alberta is aangesê om pad te gee terwyl die reuse vlammevuur die belangrikste olie-nywerhede nader.

Droë warm weer met sterk winde maak dit steeds baie moeilik vir die brandbestryders in hulle stryd om die vure te blus.

Die owerheid in Kanada het Dinsdag beveel dat sowat 600 werkers by die oliebedryf se kampe naby Fort McMurray in Alberta die gebied moet verlaat voor die aanstormende vlamme.

Nabygeleë kampe, waar nog ’n 4,000 werkers woon, is ook in kennis gestel om die terrein te verlaat aangesien ’n vlamme-muur reeds sowat 15 km daarvandaan is en binnekort die eerste kampe kan bedreig.

Die gebied se olievelde het sowat een miljard vate olie per dag verloor weens die talle reuse veldbrande in die gebied.

Die brande duur voort, en brandbestryders sê die vuur beweeg teen sowat 3 km per uur en stuur af op verskeie kampe van werkers.

Swaar rookwolke hang oor groot gebiede terwyl duisende mense van die stad hulle huise verloor het in die vernietigende vlamme.

Berigte het intussen bekend geword dat nog meer vure ontstaan het gedurende die afgelope naweek.