Japan se ekonomiese groei verras

Daar word deesdae min berig oor Japan se ekonomie, tog is dit die vierde grootste in die wêreld.

Japan het oor die afgelope paar jaar natuurrampe ervaar en toe nog boonop as gevolg van die tsoenami ʼn kernkragramp en is nog steeds in ʼn herstelfase.

Die bekendmaking van die jaarlikse ekonomiese groei, gebaseer op die eerste kwartaal se syfers, van 1.7% was bo verwagting. Daar word verwag dat die Japanse eerste minister, Shinzo Abe, na afloop van die G7-byeenkoms sal bekend maak dat dit nie verder nodig sal wees om die ekonomie te stimuleer nie. Ook die dreigende inflasie is onder beheer.

Die vyf grootste wêreldekonomieë vir 2015 was (in miljarde) China $19 391, VSA $17 942, Indië $7 965, Japan $4 830 en Duitsland $3 841.