Islam hoort nie in Duitsland

Met die slagspreuk van die regse party, “Alternatief vir Duitsland” (AFD), wat die afgelope jaar op baniere in Duitsland gepryk het, is menige landgenoot tot nadenke gestem volgens ’n onafhanklike opname wat gemaak is.

Volgens die peiling is bevind dat meer as 60% van Duitsland se kiesers saamstem dat “Islam hoort nie in Duitsland nie”.

Aanvanklik is die AFD skerp gekritiseer oor hulle “rassisme” met die vertoon en verspreiding van die slagspreuk, maar nou het die peiling bevind dat sowat 61% van die Duitse kiesers saamstem met die inhoud van die slagspreuk.

Die peiling is gedoen toe dit duideliker geword het dat kiesers al meer skepties geraak het oor die teenwoordigheid van Moslems wat onder die dekmantel van vlugtelingskap die land ingestroom het.

Na raming is daar reeds meer as 4 miljoen Moslems in Duitsland, wat die Duitsers laat bekommerd raak, want 5 jaar gelede het een van die politici,  president Christian Wulff sonder teenspraak gesê Islam is deel van Duitsland.

Die Duitse opvoedkundiges is bekommerd oor die invloed wat die Islam kan uitoefen op die geloofslewe van die volk, veral omdat die groeiende getal sonder teenkanting die land kon binnedring met Merkel se “oop deur” benadering.