IS-terroriste fokus op Jemen

Die tweede selfmoord bomaanval binne vier dae het die stad Makalla, met sy 200,000 inwoners geskud toe dit die afgelope naweek deur IS terroriste, in samewerking met Al-Kaïda afgegaan het.

Dit volg kort nadat die stad deur troepe van Saoedi-Arabië en Amerika in ’n gesamentlike operasie die stad herwin en die terreurgroepe uit die omgewing verdryf het.

Die bomplanter het in ’n opleidingsentrum beweeg waar polisierekrute met ’n opleidingsprogram besig was, en kort voordat hy in hegtenis geneem kon word, is die bom geaktiveer.

Dit is nie duidelik waar die tweede bom afgegaan het nie, en hoeveel mense gedood of beseer is nie.

’n Navorser van terrorisme sê die IS-magte het verskuif na Jemen en selfs na Nigerië nadat hulle die afgelope maande swaar verliese gely het en hulle bronne van inkomste aansienlik uitgedun is.

In die vorige terreuraanval is 15 van Jemen se soldate gedood wat deur Al-Kaida terroriste uitgevoer is.