IMF het hoop vir S.A. ekonomie

Die IMF (International Monetary Fund) het die afgelope weke gesprekke met verskeie sleutelpersone in die S.A. bewind se ekonomiese sektor gevoer asook gesprekke met vakbonde en privaatsektor persone.

Volgens die IMF kan die land aanstaande jaar ʼn hoër, maar beskeie groei verwag. Daar was ook verskeie aanbevelings gedoen.

Die IMF het voorgestel dat daar voortgegaan moet word met kostebesnoeiïnge, gewaarsku teen die negatiewe gevolge van kredietafgradering, toelating van meer ruimte aan die privaatsektor, minder regulering in die privaatsektor, staatskuldtempering, ekonomiese stabiliteit, politieke stabiliteit, skepping van beleggingsvertroue en beheer oor die dreigende inflasie. Daar was ook gewys op die vakbondoptrede wat die ekonomie destabiliseer.

Die wêreldekonomie se broosheid was ook uitgewys en veral die terugsakking in die Chinese ekonomie. Dit is bekend dat die land se kommunistiese minister van handel en nywerheid, Rob Davies, die land se ekonomie geleidelik verskuif van die EU na China.