Hoër onderwys deur staat ingesluk

Die omstrede Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys is onlangs in die parlement ingestem met 199 stemme teenoor 5, ondanks teenkanting vanuit opposisiegeledere.

Ingevolge die wetsontwerp kan die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, eensydig transformasieteikens vasstel en selfs staatsubsidies weerhou indien dit volgens hom nie bereik word nie.

Nzimande, wat ook die sekretaris-generaal van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) is, sal ook ’n universiteit se taalbeleid kan bepaal.

Die doel van die Wysigingswetsontwerp op Hoër Onderwys is volgens adv. Anton Alberts, van die VF Plus daarop gemik om magte van hoër onderwysinstellings weg te neem en aan die minister oor te dra, wat hom in staat sal stel om sy transformasieplanne uit te voer en stelsels in te stel om sy eie agenda te bevorder, het hy aangevoer.