Honger Afrika stroom na Suid-Afrika

Die droogte wat oor die grootste deel van Afrika gestrek het in die afgelope maande, het derduisende hongeriges na Suid-Afrika laat stroom op soek na iets om te eet.

Die regime in Suid-Afrika het klaarblyklik geen begeerte om die toestroming van onwettige migrante te keer nie, en die vermoede bestaan dat die instroming ook tot meer misdaad in die land lei.

Die toename in smokkel van veral dwelmmiddels is volgens kenners een van die tekens dat ekonomiese agteruitgang ondervind word, terwyl mense ook enige misdaad sal oorweeg in ’n poging om voedsel te bekom.

Na raming het etlike miljoene reeds die land ingekom gedurende die afgelope ses maande, almal op soek na kos en werk.

Die Vryburger verneem dat senior offisiere in die Weermag nou probeer vasstel hoe die droogte die bestaansboere raak, en wat aanbeveel kan word oor watter optrede die weermag kan volg om die sukkelende bestaansboere te help.

Onwettige migrante stroom van Soedan, Mosambiek, Angola, Malawi en Zimbabwe na Suid-Afrika in die hoop dat hulle huisvesting, kos en werk sal kry.

’n Landboukenner sê die probleem word al groter, die misdaad al meer, en die regering slaap rustig in die vettigheid van die klein klompie blankes se belastinggeld.