Hitler beeld vir miljoene verkoop

’n Klein beeldjie van die Nazi-leier Adolf Hitler, wat die werk van ’n Italiaanse kunstenaar, Maurizio Cattelan, is het ’n rekordprys behaal tydens ’n veiling in Amerika.

Die wasbeeld is in New York opgeveil en verkoop is, is vir veel meer van die hand gesit as wat die verwagting was toe dit meer as 17 miljoen dollar uit die koper se sak gejaag het.

Die veiling van kunswerke word elke seisoen gehou, en die afslaers sê die verwagting was dat die beeld sowat  $1 miljoen sou haal.

Die kunstenaar het glo probeer om “vernedering” uit te beeld met sy werk wat die opspraakwekkende hoë prys behaal het.

Catellan het die beeld gemaak in 2001 en ’n besondere soort poliëster, was, en hare van ’n mens gebruik daarvoor.

’n Vorige rekordprys vir ’n werk van die kunstenaar het $7,9 behaal op ’n veiling.