Groter mediabeheer vir SA

Die ANC bewind se minister van kommunikasie, Faith Muthambi, het haar planne met die media in die land bekend gemaak.

Volgens Muthambi voldoen die openbare media nie aan die bewind se verwagtinge wat aan hulle gestel word nie.

Sy beskuldig die media van eensydige, onware beriggewing, wat die ANC-bewind voorhou as korrup en onbevoeg. Dit het ook volgens haar rassistiese neigings.  

Volgens Muthambi gaan haar departement ondersoek instel na die eienaarskap van die gedrukte media en meer regulerende maatreëls instel om hulle in lyn te bring.

Die departement se begroting is R1.3-miljard waarvan R59-miljoen op salarisse spandeer word en R182-miljoen aan die SABC. Daar word beplan om in die toekoms meer op plaaslike inhoud te konsentreer en minder ingevoerde programme te gebruik.

Foto – Faith Muthambi