Grondonteiening sal teengestaan word

Die staat se pogings om grond te onteien sal deur Graan SA teengestaan word, indien die vergoeding laer as die markprys is.

Só het die uitvoerende hoof van die organisasie, mnr. Jannie de Villiers, hom uitgelaat teenoor die nuusagentskap, Reuters, tydens die jaarlikse Nampo-oesfees buite Bothaville.

Kragtens die voorgestelde wetgewing kan die staat grond in die hande kry sonder die eienaar se toestemming deur ‘n bedrag te betaal wat op grond van ‘n staatswaardasie vasgestel is.

Volgens De Villiers sal Graan SA die hele aangeleentheid na die grondwetlike hof neem.