Groeiende steun vir Trump

Die steun vir Donald Trump as nuwe president van die Verenigde State het sodanig toegeneem dat die voorspellings van etlike maande gelede weer eens as bogpraatjies beskou word.

In Februarie het die verlinkse media in Amerika berig dat Trump hoegenaamd geen kans het om teen die Demokrate te wen in ’n stryd om die presidentskap nie.

Volgens die media sou Trump nie teen een van die twee Demokrate kon wen nie, en is voorspel dat hy selfs teen Bernie Sanders sou verloor.

Nou sing die media, wat normaalweg hulle gekookte peilings met groot geraas bekendmaak, ’n nuwe deuntjie dat Trump gelykop trek teen die linkse Hillary Clinton, terwyl Sanders se naam nie eens genoem word nie.

Selfs die liberale Reuters-nuusagentskap berig dat Trump en Clinton redelik gelyk trek in die wedloop, maar politieke ontleders sê dit is alles gemanipuleerde inligting om kiesers van die Demokrate aan te moedig om vir haar te stem.

Trump het waarskynlik ’n geringe voorsprong teen die Demokrate, wat nog steeds met voorverkiesings besig is, terwyl hy as enigste Republikeinse kandidaat kan fokus op die verkiesing in November.

Die liberale pers weerspieël hulle bekommernis met die groei in ondersteuning wat Trump in die afgelope twee maande getoon het.

Foto – Donald Trump