Gebakte vrugtekelkie nagereg

‘n Heerlike gebakte nagereg wat sommer vinnig en nie te ryk is nie.

 

Gebakte vrugtekelkie nagereg

 

Bestanddele:

250 ml koekmeel

10 ml bakpoeier

Knippie sout

50 ml botter

200 ml witsuiker

125 ml melk

2 eiers

5 ml vanieljegeursel

1 blik vrugtekelkie

 

Stroop:

300 ml volroom melk

300 ml witsuiker

15 ml botter

2 ml vanieljegeursel

 

Metode:

Stel oond op 180º C.

Dreineer die blikkie vrugtekelkie.

Sif die meel, bakpoeier en sout saam.

Klits die botter en suiker saam tot donsig.

Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging.

Klits die melk en geursel by.

Roer nou alles by die gesifte meelmengsel in.

Skep die beslag in ‘n gesmeerde oondvaste diep bak.

Rangskik die vrugtekelkie bo-op die rou beslag, hulle sak af tydens die bakproses.

 

Bak die nagereg ongeveer 30 tot  40 minute.

 

Berei die stroop:

Verhit al die stroopbestanddele tot kookpunt en kook vir 5 minute. (Wees versigtig dit kook maklik oor).

Hou die stroop warm.

Gooi die kokende stroop bietjiesgewys oor die warm nagereg, dadelik nadat dit uit die oond gehaal is.

Laat effens afkoel en dien op met room of tuisgemaakte dun vla.