Facebook se anti-konserwatiewe houding

Die Amerikaanse senator, John Thune, het gevra dat ’n ondersoek gedoen word na die anti-konserwatiewe houding van “Facebook”, wat intussen ontkennend gereageer het.

Dié bakkiesblad se hoof uitvoerende beampte, Mark Zuckerberg, het egter later onderneem om ’n ondersoek na die bewering te doen.

Dit volg nadat die Republikein ’n brief aan die bakkiesblad se hoof gestuur het en navraag gedoen het oor die wyse waarop daar gereageer word op nuuswaardigheid wat die konserwatiewes raak.

Die senator is die voorsitter van die senaat se Wetenskap en Vervoer Komitee wat ’n wye oorsig het van die media en internetaangeleenthede.

Hy het die HUB gevra om persoonlik ondersoek te doen en terugvoering te gee oor aangeleenthede wat die behoudende Amerikaners raak.

Hy wys dan daarop dat “nuuskuratore” wat die bakkiesblad bestuur, betwisbare hoofberigte plaas van stories wat konserwatiewe politieke siening glo uit verband ruk terwyl dit veronderstel is om ’n neutrale standpunt te dra.

Hy beskuldig “Facebook” daarvan dat die bestuur bepaalde politieke standpunte steun wat dikwels misleidend is, en wil daarom eerstehandse reaksie van die hoof uitvoerende beampte ontvang.