EU vra meer geld vir migrante

Tydens die aanvang van ’n byeenkoms van die G7-lande, het die Europese Unie (EU) weggespring deur meer geld vir vlugtelinge te vra.

Die byeenkoms, wat in Japan gehou is, en deur die voorsitter van die Europese Raad toegespreek is, het nie gehuiwer om ’n pleidooi te lewer vir meer geld vir vlugtelinge nie.

Voorsitter Donald Tusk het daarop gewys dat Turkye, Libanon en Jordanië help die ganse wêreld se vlugtelinge, en daarom moet die ander lande finansiële hulp verleen sodat die lande hulle werk kan doen, het hy gesê.

Hy sê as die G7-lande nie die voorbeeld stel nie, sal die ander lande ook nie behulpsaam wees om die krisis aan te spreek nie.

Die jaarlikse G7-beraad in Tokio volg nadat ’n plegtige seremonie afgehandel is en staats- en regeringsleiers hulle plekke kon inneem vir die verrigtinge.

Volgens ’n persagentskap en Japanse owerheidsbron sal die leiers die belangrike rol van ’n fiskale, monitêre- en gestruktureerde beleid bevestig om die finansiële implikasies te verreken.

Die sewe belangrikste industriële lande wat bestaan uit Frankryk, Duitsland, Italië , Japan, Kanada, Amerika en Brittanje vorm die G7, maar word “ondersteun” deur die Europese Unie.

Politieke ontleders en wêreldekonome is van mening dat die finansiële bydraes as hulp vir vlugtelinge wel voldoende kon wees as die aanwending daarvan strenger beheer kon word.