Engelse Tukkies wil Afrikaans uitskuif

Afrikaans is heeltemal uitgeskuif deur ‘n werkgroep oor die taalbeleid aan die Universiteit van Pretoria wat byna eenparig aanbeveel dat klasse en eksamens voortaan net in Engels aangebied word.

Volgens die werkgroep lei ’n parallelmediumbeleid wat Afrikaans as onderrigtaal insluit, “tot rassesegregasie en indirekte diskriminasie”.

Luidens die aanbeveling is die parallelmediumtaalbeleid nie meer ekonomies verdedigbaar en prakties uitvoerbaar nie.

Die aanbeveling sal nou voor die senaat van die universiteit dien;

Die werkgroep het met hierdie aanbeveling vorendag gekom nadat dit die afgelope naweek naweek besluit het om ‘n Engelse taalbeleid te steun. ‘n Burgerregte organisasie se jeugorganisasie het egter uitgestap uit die samesprekings.

Dit volg nadat die werkgroep sedert begin Maart samesprekings gevoer het weens studentebetogings by Tukkies en druk van #AfrikaansMustFall.

Afrikaanse taalorganisasies meen dat dit soos ‘n polities gedrewe besluit lyk omdat daar onder druk geswig is, en dat dit ‘n negatiewe uitwerking op Afrikaans as wetenskaptaal sal hê.

Intussen is ’n onafhanklike paneel onder leiding van oud-regter Johann van der Westhuizen aangestel om verslag te doen oor transformasiekwessies by die universiteit. Die sluitingsdatum vir voorleggings aan dié paneel is Vrydag.

Foto – Betogende swartes by Tukkies