Ekonomiese kredietgraderingsgroep

Hongarye se ekonomiese status is vandeesweek deur die graderingsagentskap, Fitch Ratings, hersien en val nou ook in die kredietgraderingsgroep saam met lande soos Suid-Afrika, Rusland, Roemenië en Bulgarye.

Hongarye se gradering het vandeesweek, na vyf jaar, verbeter tot BBB- vanaf BB+. Suid-Afrika hang nog op BBB en hou elke keer asem op om nie afgegradeer te word nie, want twee verdere afgraderings beteken “rommel status” wat gewoonlik nie aan te beveel is vir beleggers nie.