Eiendomsagent uitgeken in Randfontein

Die Randfontein-polisie het bevestig dat liggaam van ‘n vrou wat langs ‘n waterstroom op ‘n plaas by Elandsvlei in die Randfontein-omgewing gevind is wel die van die eiendomsagent, Hanlie Lategan is.

Sy het gisteraand in Krugersdorp vermis geraak toe sy ‘n woning in Rant-en-Dal aan kliënte sou gaan wys het.

Lategan (52 jaar) van Remax Masters in Roodepoort het vermoedelik net voor 18:00 vermis geraak toe sy die huis aan die kliënte sou gaan wys het.

Sy het die huiseienaar geskakel om te sê sy sal laat wees, maar het nooit by die huis opgedaag nie.

Haar kollegas het onrustig geraak toe sy nie na die afspraak teruggekeer het nie en het probeer om haar te skakel, maar haar selfoon was afgeskakel.

Volgens die polisie is daar teen 18:30 probeer om by ‘n kitsbank geld met haar bankkaart te trek.

Haar voertuig is laas by ‘n privaat hospitaal in Krugersdorp opgemerk, en daar was na bewering twee mans by haar in ‘n motor. ‘n Geslotebaantelevisie-opname toon hoe sy deur twee mans oorval is, en gedwing is om geld te trek.

 Intussen is die polisie op soek na Shannon Lombard (19 jaar) van Krugersdorp wat sedert 27 Mei vermis word. Sy het vermis geraak toe sy van haar huis onderweg was na die Checkers-sentrum in Noordheuwel.

Foto – Hanlie Lategan