Droogte kan Nampo vanjaar knel

Minder besoekers word vanjaar by die Nampo-oesfees buite Bothaville verwag weens die droogte wat veral die streke in die mieliegordel geknou het.

Van die boere en uitstallers meen dit kan net te duur vir sommige boere wees om hulle diere te kom uitstal.

Heelwat minder diere word uitgestal, want baie boere moes weens die knellende droogte hulle vee minder maak.

Trekkerverkope het ook drasties gedaal omdat die boere eenvoudig net nie geld het om nuwe trekkers aan te koop nie.

Bykans 70 000 mense het verlede jaar die Nampo Oesdag bygewoon.

Vanjaar word die 50ste bestaansjaar van die oesfees gevier en baie moeite is gedoen om die uitstallings en verrigtinge so aanskoulik as moontlik te maak. 

Die oesfees duur tot Vrydag.

Foto – TLU SA se stalletjie by Nampo