Dit is ‘n wêreldrekord

Die afstand is 100 meter, en die dames neem daaraan deel om as wenner aangewys te word in die ouderdomsgroep 80 jaar en ouer.

Tannie Ida Keeling (100 jaar) van Amerika het die afstand in 17,33 sekondes afgelê om daarmee ’n nuwe wêreldrekord op te stel.

Die wedloop wat in die Franklik Field-stadion in Philadelphia, in die deelstaat Pennsilvanië plaasgevind het, het die toeskouers op hulle voete gehad.

 

Dit is glo die eerste keer dat ’n dame van 100 jaar die 100 meter afstand kon voltooi.

Nadat sy haar asem teruggekry het, was haar woorde “dit was heerlik en ’n wonderlike ervaring”.

Sy eet soggens ’n tipiese Amerikaanse “hamburger” om energie op te bou vir die dag wat voorlê.