Coke sluit sy deure

Coca-Cola, die Amerikaanse koeldrankvervaardiger moes sy deure sluit in Venezuela weens ’n ernstige tekort aan suiker in die land.

Mense in die land beskryf die tekorte as die ergste wat nog geheers het in Venezuela se bestaan.

Dit is nie net ’n ernstige tekort aan suiker wat die land knel nie, want tans is daar ’n tekort aan basiese voedsel, elektriese kragvoorsiening en ander noodsaaklike middele wat ongekend is in die land se bestaan.

Die Coca-Cola woordvoerder sê in ’n verklaring dat 90% van sy produkte benodig suiker in die vervaardiging daarvan, maar alhoewel die produksie moes staak, is die hoofsentrum steeds aan die gang in ’n poging om die suikertekort te oorbrug.

Finansiële deskundiges in die land sê die ineenstorting van die ekonomie word hoofsaaklik toegeskryf aan die insinking van die wêreld se olieprys.

Die land se ekonomie is gebou op die olieproduksie wat vir die grootste deel van die land se inkomste verantwoordelik is.